![]() |
Die gewone lae-kalorie dieet spreek nie die oorsaak van wanbalanse by oorgewig mense aan nie. Hoe langer hulle op 'n lae-kalorie dieet bly, hoe stadiger word hulle metabolisme. Tydens enige lae kalorie dieet, word hoogs onvoldoende hoeveelhede energie ingeneem. Hierdie beperkte energie-innames mag aanvanklik tot gewigsverlies lei, maar skielik op 'n stadium is daar geen gewigsverlies meer nie. Later volg weer 'n gewigstoename! Waarom ontstaan dit? Die liggaam sal aanvanklik oorleef op 'n uithonger dieet, maar op 'n stadium begin hy sy metabolisme (en ander sisteme) aanpas vir oorlewing tydens hongersnood. Dus, die liggaam ervaar dit as 'n hongersnood-toestand en gevolglik daal die metabolisme. Alle verbranding, vertering en absorpsie vind BAIE stadiger plaas. Sou u wel nou en dan tussenin die "uithongerings-prosesse" eet, stoor die liggaam al daardie energie as vet. Gevolglik 'n totale negatiewe ervaring vir die verslanker. Die gewigsverlies word dus al hoe minder en minder, en later werk hierdie diëte glad nie meer nie. Dit is verstommend hoe min die werklike oorsaak van oorgewig aangespreek word. Dit is geen wonder dat oorgewig nie wil verdwyn nie! Die afgelope paar jaar is duisende pasiënte met hierdie program behandel wat drasties gewig verloor het, meestal sonder om 'n enkele hongerpyn te voel en op 'n wyse wat by hul lewenswyses aanpas.
Hierdie dieet is heeltemal anders as ander diëte. Die hoofrede hoekom so baie ander lae-kalorie dieet nie werk nie, is omdat hul hongerly diëte is. Jy kan dalk vir 'n sekere periode honger bly, maar nie jou hele lewe lank nie. Dit is baie hartseer dat so min mense in gesagsposisies besef dat oorgewig nie altyd deur 'n versteurde geestestoestand veroorsaak word nie, maar veral deur 'n wanbalans in oorgewig persone se metabolisime! |
|||
|
| Alle
regte voorbehou © 2007-2009 Die Dieet Ontwerp deur: Two Fishes Design |