EENVOUDIG EN MAKLIK
'n Ander rede hoekom hierdie program slaag, is die feit dat deur ons spesifieke dieet te volg, jy terselftertyd HONGER uitskakel! Daar is geen snaakse of vreemde kosse nie en is ontwerp vir die persoon wat nie baie wilskrag het nie. Ons gaan jou liggaam 'n nuwe metaboliese proses leer om sy eie oortollige vette te verbrand, sonder dat u noodwendig hongerly.
Met hierdie program kan jy soms net soveel eet as wat jy wil. Jy kan selfs botter, mayonnaise, kaas, vis, hoender, kreef, T-been, spek en groenslaai eet. Hierdie program is die enigste wat jy mee kan saam leef elke dag van die maand, elke maand van die jaar. Baie byvoeglike naamwoorde is al aan ons program gekoppel, maar die een wat dit die beste beskryf is 'leefbaar'!
Ander sê weer:
- "Ek het nog nooit wilskrag gehad nie, maar ek het om die volgende redes by die dieet gebly: Die dieet pas maklik by my daaglikse roetine in en ek kry baie ondersteuning en hulp by die apteek, maar die grootste rede is al die komplemente wat ek ontvang oor die gewig wat ek al verloor het.
- "My familie is beïndruk en dit is nou 'n fantastiese leefwyse vir my!"
- "Ek is 'n geregistreerde suster en was aanvanklik baie skepties, maar ek kan elkeen verseker dat hierdie Program absoluut medies gesond is."
- "Ek geniet die individuele aandag en dat my persoonlike voorkeure in ag geneem word. Dit laat my belangrik voel!"
- "Ek was veras dat ek selfs geleer word hoe om te 'verneuk' en steeds gewig te verloor!"
Wat die meeste tref van hierdie program, is sy vermoë om 'n persoon se hele persoonlikheid te verander. Ons sien dit gereeld gebeur, maar dit is elke keer iets wonderliks en baie spesiaal om te aanskou. Tydens die eerste besoek is baie pasiënte depressief, moeg en lusteloos en lyk ook jare ouer as wat hulle werklik is. Hoe kan iets so eenvoudig soos hierdie program hulle binne 'n paar maande in lewenslustige, jonger, selfversekerde individue verander? Dit gebeur gereeld en dit is hoekom hierdie program so 'n sukses is. Hoekom kan almal nie op hierdie manier verander nie?
HIERDIE DIEET WERK 100% VAN DIE TYD. Die aspek van hierdie program wat ons die meeste geniet, is omdat ons wèèt hierdie program werk régtig, en áltyd! Dit gee ons selfvertroue om met ons pasiënte te werk.
Selfs die persoon wat moeilik gewig verloor, sal beslis ALTYD gewig verloor.
MEER AS NET GEWIG VERLOOR
Baie keer word hierdie program aanbeveel, nie omdat pasiënte gewigsprobleme het nie, maar net terwille van hul gesondheid: Ons behandel pasiënte met hierdie program wat ly aan suikersiekte (diabetes), hartsiektes, lae bloedsuiker, maagsere, migraine, allergieë en nog dosyne ander siektes wat algemeen vandag voorkom!
Die program behandel die oorsaak sowel as die simptome. So is dit moontlik om al hierdie siektes te beheer en terselftertyd kan ons ook sommer die probleem van oorgewig hanteer.
Die hele doel is om dit so maklik en aangenaam as moontlik te maak en is die program spesifiek vir hierdie rede saamgestel. Jy sal maklik die reëls buig sonder om dit te breek.
INSPUITINGS
Die inspuitings is nie hormone nie. Wanneer hormoon-inspuitings gestaak word, tel pasiënte geweldig gewig op. U kan gerus wees dat die inspuitings wat ons toedien, skadelose, natuurlike bestanddele bevat met geen newe-effekte nie. 'n Algemene vraag wat aan ons gestel word is of u weer u gewig sal optel indien u staak met die program. Ons antwoord is NEE: mits u by ons maklike aanbevelings bly. Vanselfsprekend, sou u weer buitensporig, ongebalanseerd en buite u riglyne eet, sal u die gewig weer kan optel.
Die gesondheids- en skoonheidsvoordele van ons program word ondersteun deur meer as 30 jaar se ondervinding, wetenskaplike navorsing en tevredenheid van ons kliënte. |