AS ‘N NUWE LEWENSLUSTIGE MA VAN 4 HET EK ELKE DAG PRAGTIGE NUWE ERVARINGS!

My storie is geensins anders as enige ander persoon, wat sukkel met gewigsprobleme nie.  Ek het heelwat gewig opgetel na my swangerskap.  Nie net het my selfvertroue daar onder gelei nie, maar ek het ook my vertroosting in kosse gesoek en ons almal weet wat die nagevolge daarvan is.  Ek het begin depressief raak en wou later nie eens my huis verlaat nie aangesien niks wat ek gedra het meer goed gelyk het aan my nie. My naam is Reka Greyling en hier volg my verhaal. 

Ek is n gelukkig getroude 43 jarige tuisteskepper en ma van vier, twee seuns en twee dogters tussen die ouderdom van 7 en 25.  Op my swaarste het ek 85.5kg geweeg!  Ek het elke dag gewens dat dit koud is sodat ek baie klere kon aantrek en so my gewig met die lagies klere kon verberg.

In Augustus verlede jaar het ek besluit om weer beheer te neem van my lewe en my gesondheid. Vir my het dit beteken om op te hou om die slagoffer te wees en eerder die oorwinnaar te word.  Ek het besluit om op Die Dieet Waarvan Almal Praat te gaan.  Hierdie was nie so seer n dieet nie maar n lewenswyse.  Ek het so baie op die program geleer, soos om jou koolhidraat inname te beheer en om nie jouself van enige iets te weerhou nie, maar eerder om matigheid voor oë te hou!

Tot op datum het ek 25.5kg verloor en weeg ek nou net 60kg en voel weer lewenslustig en gesond! Dit voel asof ek die lewe vir die eerste keer voluit leef.  Inkopies is nou n avontuur en ek voel soos n kind in n speelgoed winkel.

My kinders is so trots op my.  Ek word daagliks gekomplimenteer op my voorkoms en dit is asof mense my nie eens herken nie, almal wil weet hoe ek dit reg gekry het.

Die mees voordeligste aspek van my gewigsverlies was my gesondheid wat soveel verbeter het, tesame met my self vertroue wat toegeneem het.  Om tuis te voel in my eie lyf het vir my onskatbare waarde.

Ek was suksesvol omdat ek heeltyd by die eetplan gehou het en nie afgewyk het van die riglyne nie.

Jy kan OOK!