Die begin van my nuwe lewe…

‘n Kykie na die verlede…

Ek was altyd oorgewig aangesien dit deel was van ons familie. Dit het my nie juis gepla nie want almal het my so aanvaar. So 2 jaar gelede was my ma opgeneem in die hospitaal met gan-green. Sy was baie oorgewig met hoë bloeddruk en diabetes.  Dit was moeilik om haar so te sien, veral as mens weet as sy slanker was sou sy oorleef het. Ons het almal besluit om iets te doen.  Ek het ’n paar produkte gebruik en self probeer om ’n dieet te volg, maar was glad nie gefokus of ernstig nie. Ek het besluit dat as ek nie nou iets doen nie dan begrawe hulle my.


Ek het ’n afpsraak gemaak by een van Die Dieet Waarvan Almal Praat se klinieke. Toe ek in April 2011 daar instap het ek 232 kg geweeg en was baie geskok. Maar ek was gefokus en vasberade.

Dit was die begin van my nuwe lewe. Ek het altyd moeilik beweeg en was altyd uitasem. Ek was op water- en bloeddrukpille gewees. Week na week, soos die kilo’s wegsmelt, het die dokter my pille weggevat. Ek beweeg makliker en voel gesonder by die dag. Die dieet is wonderlik! Dit het my geleer om alle kosse in die regte kombinasies te gebruik. Ek het meer energie en is lus vir die lewe.

Die dieet is ’n leefstyl wat ek altyd sal volg. Van dag een af het die Here my die wilskrag gegee en ek sê elke dag dankie.


Ek het in Januarie 2012 derde gekom in Die Dieet Waarvan Almal Praat se kompetisie. Met my geliefde, familie, vriende en Antionette se ondersteuning, bystand en motivering het ek gekom waar ek vandag is. Ek het tot op hede 111 kg verloor en weeg 121 kg. My doelwit is om nog so 25 kg te verloor. Dankie vir Die Dieet Waarvan Almal Praat. Ek raai almal aan om gesonder te leef.