Rothdene Pharmacy … Extract of 1977

Soek jy ‘n apteek met vriendelikheid, behulpsaamhied, verskeidenheid, met karakter en mense wat vir jou omgee. Hier is die plek:  Rothdene Apteek is een van die unieke Apteke met ‘n kliniek waar algemene siektes gediagnoseer en behandel word.  Gert is deur verdere studie ‘n Kliniese Apteker wat welbelese en beroepsgerig is.

Daar is ook ‘n suksesvolle Dieetkliniek met ‘n persoonlike uitgewerkte program vir gewigsbeheer volgens elke kliënt se behoeftes wat deur Gert persoonlik toegepas en aangepas word.

In die kliniek word verskeie dienste en siftingstoetse gedoen ook gesinsbeplanning, immunisasie, bloeddruk,  cholesterol, bloedsuiker, swangerskap, urientoetse.  Gratis advise oor die gebruik van medisyne, raad en ondersteuning is hier die wagwoord.

Kundigheid en flinke diens onder die bekwame bestuur saam met Annalie sy vrou in die voorwinkel – met haar vriendelike, liefdevolle geaardheid met ‘n span opgeleide dames, is kenmerkend van hierdie Apteek.

Gert het Annalie vanaf Zimbabwe ingevoer om met hom te trou nadat sy Beeldende Kunste aan die Potshefstroomse Universiteit voltooi het. Daarna het hulle deur die land getoer en in 35 Apteke afgelos vir ervaring.  Hulle het 10 jaar gelede die Apteek gekoop en opgebo tot waar dit vandag is.

Maak gerus ‘n draai by die wye verskeidenheid van geskenke in die geskenkafdeling waar geskenke gratis toegedraai word.  ‘n Wye reeks farmasoutiese en kosmetiese produkte is beskikbaar en moeite word gedoen om kliënte in hulle besondere behoeftes te voorsien.

Gert is baie betrokke by kultuur, kerk en gemeenskap waar moontlik.  Hy besit ‘n uitgebreide wynversameling en ken sy wyne.  Gert bespeel graag die kitaar en sing.  Musiek is gedurig hoorbaar in sy Apteek en huis.

Annelie is besonder kunstig in alle aspekte van skilder, kosmaak en Ontwerpersklere.  Ook haar huis se binneversiering getuig daarvan.

Hulle is gesinsmense en geniet dit om saam met hul 3 kinders te kampeer met die karavaan in die buitelug of te rolskaats, muurbal te speel of sommer net te stap.  Kom loer gerus in by Rothdene apteek en ontmoet ons vir Goeie Diens…!!!