EK HET MY ROLLETJIES OORWIN!
My naam is Charmaine van der Walt van Pretoria en ek werk in Lyttelton.Ek is n 40-jarige ma van twee tienerseuns van onderskeidelik 11 en 13 jaar oud. Ten spyte van die twee knape en al die ander stres wat mens daagliks moet hanteer, het ek daarin geslaag om 30kg te verloor.
Op 102kg het ek besluit dat ek nie meer saam met die mens in die spieël kan saamlewe nie. Ek het n mislike, ongeskikte persoonlikheid begin ontwikkel as gevolg van my swak voorkoms. My swak selfbeeld het gemaak dat ek niks wou doen nie en ook nerens heen wou gaan nie. Ek het opgesien na normale daaglikse aktiwiteite soos om in en uit die motor te klim! My knieë was gedurig seer en het onder my gewig begin ly. Dit was n moeisame poging om my kinders te hanteer en ook soms op te tel.
Ek het omtrent alle diëte onder die son probeer. Die sop-dieet, die drie dae dieet, niks eet en watter anders mens ook aan kan dink. Ek het dit toe ook al oorweeg om n operasie te ondergaan om my vet rolletjies aft e sny.
In my desperaatheid hoor ek by n vriendin van Die Dieet Waarvaan Almal Praat en ek besluit dat dit die dieet is wat my gaan help om myself terug te kry of om die nuwe ek te ontdek!
Groot was my verbasing toe ek agterkom dit is n maklike lewenstyl waarby die hele familie kan baat vind. Ek en my familie kon steeds dieselfde kosse eet en ons kon lekker saam gaan uit-eet. Hierdie dieet leer mens om te beplan, nie net vir wat jy eet nie maar ook om voorsiening te maak vir alles wat gepaard gaan met n nuwe lewenstyl. Jy leer dus n baie gemaklike , gebalanseerde lewenstyl aan wat jou help om jou gewig onder beheer te hou.
Met my nuwe gewig van slegs 72kg voel ek soos n nuwe mens. Hierdie gewig behou ek al konstant vir die afgelope 6 jaar. Ek skryf dit daaraan toe dat ek so positief is oor die maklike lewenswyse dat ek dit heel gedissiplineerd navolg.