EK IS NOU WEER LUS VIR DIE LEWE!
My naam is Elaine le Grange, n gelukkig getroude, twee-en-dertig jarige ma van n twee-jarige dogtertjie.
Ek was oorgewig en baie ongelukkig oor my voorkoms. Dit het my self vertroue tot so n mate geknak dat ek nie meer uit die huis wou gaan nie. Ek was skaam vir myself.
Ek was n vet 86.5 kg en was ge-irriteerd met my voorkoms. Ek het toevallig die advertensie van Die Dieet Waarvan Almal Praat raakgesien in n tydskrif en daar en dan besluit ek gaan dit probeer. Hierdie is nie n dieet of n tronkstraf nie, maar n gemaklike lewenswyse waar mens baie kan eet en dit boonop ook geniet omdat die kosse allerdaagse kosse is. Wat dit vir my absoluut wonderlik gemaak het is dat ons hele familie kon saam eet! My man en dogtertjie geniet die kos net soveel soos ek en ek het die nodig om apart vir hulle kos te maak nie.
Ek weeg nou n skrale 65.9kg! Dit is net ongelooflik fantasties om in n winkel in te stap en n klein nommer denim van die rak af te haal sonder om eers 3 verskillende groottes aan te pas en uiteindelik aan die huil te gaan omdat ek so vet is nie.
Ek kan eerlik se dat Die Dieet Waarvan Almal Praat my lewe positief verander het. Ek is weer lus vir die lewe en kan weer dinge aanpak wat ek voorheen vermy het.
My totale gewigsverlies tot op datum is 20.6kg. Ek voel gesond en voel soos n nuwe mens. My familie en vriende was geskok oor die gedaanteverwisseling wat ek ondergaan het. In my manier van stap en praat kan hulle nou weer duidelik sien dat my ou selfvertroue terug is.
Indien enige iemand wil gewig verloor of n gesonder leefstyl wil handhaaf beveel ek, sonder om te twyfel, Die Dieet Waarvan Almal Praat aan. Eerstens moet jy besluit jy doen dit vir JOUSELF , dan moet jy n paradigma-skuif maak en jou houding ten opsigte van gewig verloor verander na n positiewe: Ek kan en ek sal!
Ek behou my gewigsverlies al vir 2 jaar omdat ek bly by die maklike reëls wat vir my geleer is.