My lewe het verander na ‘n op en wakker ma wat lus is vir die lewe
Ek is n 43 jarige getroude ma van ‘n 19jarige tienerseun sê Nicolize Wahlstraat van Meyerton.
Nadat ek as insulien-weerstandig gediagnoseer is en ook aanbeveel is om medikasie te neem om my hormone aan te vul het ek begin gewig optel wat ek net nie weer van ontslae kon raak nie.
In Mei 2013 het ek die skaal getrek op 88.4kg. My uitkyk op die lewe was negatief en ek het konstant moeg gevoel en van rugpyn gekla. My belangstelling van wat om my gebeur het begin kwyn en ek wou niks meer doen nie. Nadat ek twee ander diëte probeer het met geen noemenswaardige resultate nie, het ek nog meer depressief gevoel oor my voorkoms.
Op n dag lees ek in een van die tydskrifte van die vrou wat sulke wonderlike resultate op Die Dieet Waarvan Almal praat gehad het. Ek het besluit dat ek ook moet aansluit, as sy dit kan doen, kan ek ook. Ek het aangesluit en nog nie een dag terug gekyk nie. Die program was maklik om te volg, eintlik, van al die diëte waarop ek was, die maklikste dieet om te volg.
My kollegas by die werk kon nie hulle oë glo toe hulle sien ek begin gewig verloor nie en het my geprys en ondersteun in my poging. Mense wat my vir n lang tyd nie gesien het nie was skoon verbaas as hulle my gedaanteverwisselling opgemerk het en wou gou-gou weet wat is my geheim dan, wat het ek gedoen…Trots kon ek antwoord: Ek is op Die Dieet Waarvan Almal Praat. Dit het my hele lewe positief verander.
Ek is weer lief vir myself en trots op my voorkoms. Ek is weer vol energie en lag en het weer LUS vir die lewe. Met 20.7kg minder om saam te dra is ek nou op n gemaklike 67.7 kg en ek behou die gewigsverlies alreeds vir 9 maande. My seun verseker my gereeld dat ek pragtig lyk en dat hy so trots is op sy ma. Hou my gerus dop. Dit is nog nie die einde nie!! My “ultimate goal” is om nog 10kg te verloor en my gewig vir die res van my lewe te beheer.
“Vir enige persoon wat sukkel om gewig te verloor kan ek ten sterkste aanbeveel om navraag te doen oor hierdie gemaklike lewenstyl. Jy sal verbaas wees oor die resultate en sal nie spyt wees dat jy aangesluit het nie.”